
Het ons te veel skuld?
Esegiël 36 Ds Gustav Opperman GK Rooiwal Woorde uit sy Woning
In kleurryke taal beskryf die media vir ons die gebeure op die beurse en markte. Dis was ‘n bloedbad. Die markte bloei nou daagliks soos al wat ‘n belegger is, sy geld onttrek sy aandele verkoop. En nou wil almal weet: Hoe is dit moontlik? Hoe kan dit gebeur? Daar word mos met die moontlikheid van die soort gebeure rekening gehou? Of is dit dalk dat daar nie met die HERE rekening gehou word nie? Woordverkondiging: Eseg 36, ds Gustav Opperman GK Rooiwal.
Ons hier in Suidelike Afrika gaan die afgelope tyd deur ’n baie onstuimige tyd in die ekonomie, net soos die res van die wêreld. En die ontleders en kommentators vra mekaar: hoe gaan al hierdie dinge die markte beïnvloed? Kan die land nog verder afgegradeer word?
Hoe is al hierdie dinge besig om ons sakke en trommels raak? Wanneer gaan dit tog weer besigheid soos gewoonlik wees? Bussiness as usual ... Oral sien ons: die storms trek nie verby nie ... Daar is ‘n wêreldwye energie krisis, en beurse en markte hou net aan om te skommel En daar is ‘n gestoei om mag. Die Westerse empaaier, die Russiese empaaier, die Chinese empaaier Oorloë en gerugte van oorloë, soos die Bybel sê. ‘n Resessie ... dis die wêreld se voorland ... so sê baie.
Dit beteken in eenvoudige taal dat daar te veel slegte skuld in die wêreld is. Daar is te veel slegte skuld in omloop, te veel skuld wat nie terugbetaal kan word nie. Dis nie net Escom wat bankrot is nie. Hele lande is self tegnies bankrot Regerings moet inspring ... Noodmaatreëls moet getref word. Dit beteken dat die kapitaal gaan opdroog dat alle ontwikkeling gesmoor gaan word, dat die Rand se waarde nog verder gaan verminder.
Bron: Esegiël 26 en 28:1-7
Teks: Eseg. 26:6 En hulle sal weet dat Ek die HERE is
Opnamedatum: 2022 10 02
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/