top of page

Het jy 'n Trooster?
Preek Prediker 3 - Woorde uit sy Woning
Alles tevergeefs! Alles ‘n gejaag na wind. Daar is trane. Beproewing. Verdrukking. Daar is onreg dwarsoor die wêreld. Onreg en die mens se verwronge pogings tot regstellende aksie wat dikwels net weer tot verdere onreg lei. Vandaar die gesug na Iemand om na vore te kom om te help. Woordverkondiging: Prediker 3:1 - Prediker 4:3 ds Gustav Opperman,. Dit was nie genoeg dat Adam in opstand teen sy Skepper was nie ... en dat hy daarna onder die warm son sou sweet nie, dat hy in die sweet van sy aangesig tevergeefs sou probeer om iets tot stand te bring nie ... Dit was nie genoeg dat Eva haar man in die sonde verlei het en dat sy daarna met smart kinders in hierdie wêreld sou bring nie ... Nee, beide van hulle sou ook onreg belewe ... op ‘n daaglikse basis onreg belewe ... en dit het in hulle in huis begin toe ouboet Kain sy jonger broer doodslaan... En so begin die spoor van onreg deur die Bybel ... deur die tyd van Noag, Sodom en Gomorra, tot in die huis van Josef en sy broers, tot die volskaalse verdrukking in Egipteland toe ‘n hele volk se jammerklagte jare en jare lank tot die HERE opgestyg het. Onreg ... tot vandag toe ... al die verdrukkinge wat onder die son plaasvind. Uiteindelik, sê die Prediker ... uiteindelik gaan alles na een plek toe ... alles is uit stof en alles keer na die stof terug. Daarmee sê die Bybel nie vir ons dat die onreg onder ons maar goed en reg is nie, dat ons alles gelate moet aanvaar nie ... Die mens is nie so gemaak en laat staan nie Die mens het so geword, maar hy ook nie so laat staan nie ... God wil hom anders hê. Toe die HERE sy grondwet in Deuteronomium vir sy volk gee, was Hy baie duidelik hieroor: Almal wat onreg doen, is ‘n gruwel vir die HERE jou God staan daar (Deu 25:16). Waar sy volk verdruk word, tree die HERE uiteindelik self op. Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE. Ons lees dit in Psalm 12 Maar net dit nie. Ook in die res van die wêreld maak nie saak wie die verdrukkers of wie die verdruktes is nie .. Oral onder die son oral waar daar onreg is, God sien dit raak en hy sal dit nie ongestraf laat bly nie. Daar is onreg dwarsoor die wêreld. Dit is ook die hoof spyse van elke nuuskyker en nuusleser ... op die TV, op die sosiale media. Dis al wat mens sien en hoor. Onreg ... en die mens se verwronge pogings tot regstellende aksie wat dikwels net weer tot verdere onreg lei. Vandaar die gesug na iemand .... iemand om na vore te kom om te help. Feit is: Daar is trane en daar is onreg. Maar het ons nie gelees hoe die Prediker al die verdrukkinge onder die son gesien het nie? En kyk, daar was trane van verdruktes, en vir hulle was daar geen trooster nie As daar maar ‘n Trooster was! Hierdie versugting na ‘n Trooster is so oud soos die mensdom self. Bron: Prediker 3 en 4 Het jy 'n Trooster? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 06 28 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 382
bottom of page