top of page

Hemelse Verlange

Gen 50 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning

"Wat maak dat die mens begin om te glo? Wat is dit wat die Heilige Gees in ons wakker maak  om te begin om te glo? Is dit ons vrees vir die hel? Of is dit ons verlange na die hemel? Woordverkondiging: Gen 50, ds Gustav Opperman, GK Colesberg .  


Die Bybel beskryf beide vir ons: Hemel en hel ... beide word voorafgegaan deur die oordeel voor die groot wit troon.  Vir die duiwel se kinders is hierdie oordeel  ontsettend en skrikwekkend, (so sê die Nederlands geloofsbelydenis). Die helse lewe is ‘n lewe van onsterflikheid ... onsterflikheid slegs om gepynig te word in die ewige vuur. Die helse lewe is ‘n ewige lewe, maar ‘n ewige lewe sonder God. Dis ‘n ewige lewe saam met die duiwel en sy engele.  Daar was al baie predikers deur die eeue  wat die mens wou skok ... die hemel in wou skok .... deur aan hulle toehoorders  die angste van die hel voor te hou.  Die engelse praat van “Turn or Burn”-predikers. Jy beter draai of jy sal braai ... Uit vrees vir die hel moet die mens dan tot geloof kom.  


Die brief aan die Hebreërs, een van die oudste volledige preke  wat vir ons behoue gebly het ... volg merendeels ‘n ander metode.  Hierdie prediker wek in sy lesers twee dinge op: die een is ‘n liefde vir Jesus Christus, die ander is ‘n verlange na die hemelse heerlikheid.  


Bron: Gen 49:29 - 50:14; 22-26; Heb 11:1-2;8-16 

Teks: Heb 11: 13,14   "In die geloof het hulle almal gesterwe  sonder om die beloftes te verkry,  maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet,  en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.  Want die wat sulke dinge sê,  verklaar dat hulle ‘n vaderland soek." 

Tema: die Hemelse verlange 

Psalms: 48:1; 48:4,5; 73:9,10; 73:11,12; 72:9,10,11.  


Intro Musiek gebruik in hierdie video:  Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  

Met dank en erkenning:  Ps 144 Glorieryke Psalms  

www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers 


Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  With thanks and appreciation:  

Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ 

Artist: http://audionautix.com/   

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page