top of page

Gordyne voor jou siel!/Shuttered Souls!

Preek Romeine 1 - Woorde uit sy Woning

(Afrikaanse beskrywing volg hier onder) In his vanity and in his pride disregard man's light, suppress man's revelation, hang our thick black curtains in front of the windows of our soul. Our Scripture says: Their foolish heart is darkened. There is a darkness in their thinking, to do and to do settled down on their whole mind. Although they knew God, they no longer glorified or thanked Him, but they became foolish ... become foolish in their own delusions. As we as Westerners, even church people, we who have been exposed to the Bible for centuries ... as we increasingly fall back into paganism, as we become smarter and smarter in our own deliberations ... as this happens ... Romans become increasingly applicable to us ... When we, like Adam, worship the god of our own mind. As we become more and more charmed by Mother Nature and bow down before her, as our hearts are more and more filled by what the East offers us, (Isa 2: 6), as we embrace the evolution delusion ... Romans 1:18 become applicable to us too ... Our souls are shuttered in ... In sy ydelheid en in sy hoogmoed minag die mens God se lig, onderdruk die mens God se openbaring, hang ons dik swart gordyne voor die vensters van ons siel. Ons Skrifgedeelte sê: Hulle onverstandig hart is verduister. Daar het ‘n donkerte op hulle denke, op hulle doen en late, op hulle hele gemoed neergesak. Alhoewel hulle God geken het, het hulle Hom nie meer verheerlik of gedank nie, maar hulle het dwaas geword ... dwaas geword in hulle eie oorlegginge. Namate ons as Westerlinge, as kerkmense selfs, ons wat al vir eeue en eeue die Bybel het ... namate ons al hoe meer in die heidendom terugsak, namate ons ook al hoe slimmer en slimmer word in ons eie oorlegginge ... namate dit gebeur ... raak Romeine een al hoe meer op ons van toepassing ... Namate ons steeds soos Adam die god van ons eie verstand aanbid. Namate ons al hoe meer deur Moeder Natuur bekoor word en voor haar begin neerbuig, namate ons harte al hoe meer vol is van dit wat die Ooste ons bied, soos die profeet Jesaja dit stel (Jesaja 2:6), namate ons die evolusie oorlegging omhels ... is Romeine een ook op ons van toepassing ... Ons kry gordyne voor ons siel! Bron: 6de Preek uit Romeinereeks: Reg voor God Romeine 1:18 Gordyne voor jou siel 2018 10 14 b Musiek gebruik in hierdie video: Saraband and Variations (Händel) position: 621
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page