top of page

Goeie Nuus Slegte Nuus! Good News Bad news!
Preek Romeine 1 - Woorde uit sy Woning
Seker een van die beroemdste skilders wat die wêreld nog opgelewer het, is die Nederlandse skilder Rembrandt. Wat sy skilderye so treffend maak, is die wyse waarop hy lig en donker teen mekaar afspeel. Om sy onderwerp maksimale impak te gee, plaas hy dit in die lig, in die voorgrond, teen ‘n donker agtergrond. Sonder daardie donker agtergrond sal die onderwerp nie so dramaties vertoon nie. In ‘n sekere sin is dit wat die apostel Paulus hier in Romeine een nou doen ... dit wat hy ook vir die Galasiërs gedoen het. Hy is naamlik besig om Jesus Christus voor die oë van die Romeine af te skilder (Galasiërs 3:1). Hy is besig met sy eie meesterstuk ... die bykans volmaakte skildery van die evangelie ... Hy het nou reeds die buitelyne van sy onderwerp getrek. Dit het ons verlede week gesien. God openbaar aan ons in Jesus Christus ‘n geregtigheid ... ‘n geregtigheid wat van Hom kom. Deur dit in die geloof te aanvaar, sal ons lewe ... Dis die buitelyne van die skildery. Vanaand begin die apostel om vir ons die agtergrond van daardie skildery in te kleur ... die donker agtergrond ... die oordeel van God, die straf van God ... Die toorn van God in al sy skakering van donker ... en hieroor moet ons ligtelik beweeg nie. Die apostel Paulus spandeer nie verniet die volgende drie-en-sestig verse van hierdie brief hieraan nie. Ons sal nooit, nooit ‘n greep op die Goeie Nuus kry as ons nie eers die Slegte Nuus gehoor het nie. Die evangelie begin met ‘n stelling oor die toorn van God. Die dokter moet eers die diagnose gee voor ons die kuur kan ontvang. Die toorn van God. Ja, ons weet dis nie ‘n baie gewilde onderwerp nie. Saam met ander begrippe soos hel, verdoemenis, verderf hoor ons deesdae al minder van God se toorn. Baie predikers, baie gelowiges erken nog dat daar ‘n hel is, maar dit is asof die hel wat hulle ken ... asof dit ‘n ingeboude lugreëling het. Die vraag is net hoe ‘n mens enigiets van God se liefde kan ken as hulle nie sy haat verstaan nie ... Bron: Prk Romeine 1.18 Goeie Nuus Slegte Nuus GK Matlabas Aanddiens Thaba 2018 09 23 Lees: Romeine 1:14-32 Teks: Romeine 1:18 die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk. Tema: Goddelike toorn Psalms:68:15,16, 37:1,5,17, 89:6,17, 119:25,26. position: 630
bottom of page