top of page

Goedheid beter as die lewe!

Ps 63 Ds G Opperman Ps Bybelstudie: God se Liedere @WoordeuitsyWoning ​

Om daardie goedheid te besit, is beter as die lewe self. Dis moeilik dat jy jouself dit kan indink, want ons is so geneig om vas te klou aan hierdie lewe, so geneig om al ons geluk hier te soek en bevrediging hier te soek. Dawid  sê  vir ons dat die HERE se goedertierenheid is baie belangriker as die lewe wat ons hier en nou ervaar, want dit strek van ewigheid tot ewigheid. Volg die Psalm Bybelstudiereeks: God se Liedere Woensdae.


  Skryf gratis in op ons webblad: woordeuitsywoning.com vir bykans 900 video's, insluitend die Onse Kategismus vir Kinders, Helpende Woord, Preke, Bybelstudies en Geskiedenisvideo's. Kontak ons by +27 836502186 indien u ons videokennisgewings op WhatsApp en Telegram wil ontvang.  


Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms "'n klein Bybeltjie" genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Luk 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word.  


Bron: Psalm 63 

Opnamedatum: 2023 03 20  


Music used in this video: 

1) Intro: Ouverture: Psalm 130: Original Music for "Uit Diep van Donker Nagte" used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag

Overture Sangers:  Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt). 

Overture Musikante: Henning Dafel  - Klavier,  Cathy Dafel - Altviool,  Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt – Orrel  


Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page