top of page

Godverlate alleen! Verstaan jy wat gebeur het? Hoekom?

Preek Psalms 22 Heidelbergse Kategismus 15 - Woorde uit sy Woning

Verstaan jy wat gebeur het? Daardie dag toe God die Vader weggekyk het? Daardie dag toe die aarde donker geword het? Daardie dag toe die aarde gesidder het? Daardie dag toe die rotse geskeur het? Verstaan u hoekom dit moes gebeur het? “My God, my God, waarom het U my verlaat!” Dit word vertel dat daar ‘n nuwe kerkgebou in Engeland gebou is en dat daardie gemeente ‘n leuse bokant hulle deur gesit het ... ‘n opskrif om hulle doel en missie te omskryf. Daar het gestaan: “We preach Christ crucified”. Maar so met die verloop van tyd het die klimop wat baie algemeen in Europa is, die mure begroei ... om sodoende die laaste deel van hulle leuse toe te groei. Toe staan daar: “We preach Christ”. Nog later kon ‘n mens net die eerste twee woorde uitmaak: “We preach ...” Saam met so baie ander kerke in Europa het daardie een ook gesluit en staan nou vervalle. Hulle het begin met “We preach Christ crucified”. Hulle het die deure gesluit met: “We preach”. Laat ons nie dieselfde fout maak nie. Bron: Psalm 22 Godverlate alleen! Verstaan jy wat gebeur het? Hoekom dit gebeur het? Ds Gustav Opperman Bely uit die Psalm #23 Heidelbergse Kategismus 15 (2017 08 13) Musiek gebruik in hierdie video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 553
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page