top of page

Godverlate

Ps 22 Deel 1 Ds Gustav Opperman Psalm Bybelstudie

Die Here Jesus Christus weet, waar Hy daar aan die kruis hang, absoluut Godverlate, in die mees intense pyn wat ons onsself nie kan voorstel nie, onder die gespot van sy eie volksgenote terwyl die duisternis oor die aarde toesak, weet Hy dat sy Vader op daardie stadium in die wêreldgeskiedenis ander pad kyk. Volg Psalm Bybelstudie Woensdae op  woordeuitsywoning.com


Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms "'n klein Bybeltjie" genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Luk 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word.  


Bron: Psalm 22 Deel 1 Godverlate  

Psalm Bybelstudiereeks: God se Liedere 

Ds Gustav Opperman 

Opnamedatum: 2022 05 17


Music used in this video: 1) Intro: Ouverture: Psalm 130: Original Music for "Uit Diep van Donker Nagte" used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242GagOverture Sangers:  Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt). Overture Musikante: Henning Dafel  - Klavier,  Cathy Dafel - Altviool,  Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt - Orrel  Intro Musiek gebruik in hierdie video:  Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  Met dank en erkenning:  Ps 22:1 Glorieryke Psalms  www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  Orrelis: Harry Jonkers  Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  With thanks and appreciation:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page