top of page

God word Mens: Groot misterie van die Bybel!

Preek Psalms 113 Heidelbergse Kategismus 14 - Woorde uit sy Woning

Die koms van ‘n volkome heilige God deur die baarmoeder van ‘n gewone sondige meisie ... dit bly een van die groot misteries van die Bybel. Die ontsettende werklikheid van die Seun van die lewende God wat mens geword het ... Die maagd Maria het Hom deur die Heilige Gees ontvang en sy sou uiteindelike in ‘n stal in Bethlehem aan Hom geboorte gegee. Hoe soiets kon gebeur... fisiologies kon gebeur, bly steeds onverklaarbaar. Hoe soiets teologies moontlik was, is ewe onverklaarbaar! Die Christus se vleeswording of inkarnasie (wat die geleerde term is) is ‘n moeilike leerstuk en soos baie ander aspekte van die Goddelike heilsplan, moeilik om alles te verstaan en te verklaar. Ek het aan die begin van hierdie reeks kategismuspreke vir u gesê dat ek die belydenis vanuit die Psalmbundel gaan toelig ... en, as ‘n mens mooi daarna kyk, is daar nêrens in die Psalms enige direkte verwysing na die menswording van God nie, geen dogmatiese uiteensetting, soos ons wel elders in die Bybel kry nie. Daarom gaan ek dit ook nie vanaand probeer nie. Rondom hierdie saak volg ons vanaand eerder iemand anders se voorbeeld ... iemand sonder enige teologiese opleiding. Vanaand is dit suster Maria wat vir ons die leiding gee. Haar verwondering op die aankondiging dat sy deur die krag van die Allerhoogste oorskadu gaan word, sal ook ons nadenke wees. Haar vreugde dat sy aan die Seun van God geboorte gaan gee, is ook ons vreugde. Die Psalms wat Maria sing na hierdie aankondiging, is ook ons Psalms. Vanaf vers ses-en-veertig van Lukas een, lees ons die woorde wat meisie van Nasaret gesing het. Toe die besef van die besonderse genade van God tot haar deurgedring het, toe sing sy. Die vertalers in ons Bybels het dit ‘n opskrif gegee: Die lofsang van Maria. In die kerkgeskiedenis staan dit bekend as die Magnificat. Dis omdat dit begin met die woorde: My siel maak die Here groot! Wie is soos die HERE onse God wat ‘n eenvoudige meisie van ‘n agtertangse dorpie ... ‘n eenvoudige meisie verloof aan ‘n eenvoudige timmerman ... wie is soos die Here onse God wat haar sou raaksien om sodoende haar naam te verewig in die kerk se belydenis! Die Verlosser gebore uit die maagd Maria ... Bron: Bely uit die Psalms #22 God word nederig Mens - Een van die grootste misteries van die Bybel! Heidelbergse Kategismus Sondag 14 Psalm 113 Lukas 1 Ds Gustav Opperman (2017 08 06) en psalms Musiek gebruik in hierdie video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 558
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page