top of page

God WIL en KAN help!

Preek Psalms 121 Heidelbergse Kategismus 9 - Woorde uit sy Woning

Psalm 121 loop oor van vertroue ... vertroue in God se bewaring. Die woord bewaar is die sleutelwoord. Die woorde bewaar en Bewaarder kom sesmaal voor: jou Bewaarder kan nie sluimer nie. Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. Die HERE is jou Bewaarder ... Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil, jou siel sal Hy bewaar. Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid. Op hierdie wete het die Psalmdigter vertrou: Hy vertrou op die bewaring deur die Bewaarder van Israel. Wat was die grond van sy onwrikbare vertroue ... sy vertroue in die bewaring deur die Bewaarder van Israel? Hy së dit aan die begin: Ek slaan my oë op na die berge. Waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Wat ‘n wonderlike voorreg het ons nie ... om ons oë na die berge hier by ons op te slaan nie ... die magtige Kransberge hier by ons en dan te besef: My hulp is van die HERE wat daardie berge gemaak het ... Op die Vader se hulp, op sy sorg vertrou ek sonder om te twyfel, omdat ... omdat, omdat omdat Hy dit as 'n almagtige God kan doen en omdat Hy dit ook as 'n getroue Vader wil doen ... Kan en wil. Dit gaan om twee gedagtes: kan en wil ... Die HERE kan... Met hierdie kan, met hierdie skeppingswerk van die HERE het die kerk in Bybel hulleself voortdurend vertroos. Male sonder tal word die kerk van die Ou Testament daaraan herinner. En ook in die Nuwe Testament word daar daarop gesteun ... op die Skeppersalmag van God gesteun. Ons moet leef vanuit die skeppingswerk van die HERE. In skepping openbaar God Homself. Die HERE kan. En Hy wil ook, want Hy is 'n getroue Vader, my Vader om Christus wil. Dis wat ons by die kruis sien ... Bron: Preek: God WIL en KAN help! Bely uit die Psalms - Troosreeks video nr12 Psalm 121 Heidelbergse Kategismus Sondag 9 Vr 26 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 608

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page