top of page

God voor menseregters

Bybelstudie 92 Lukas 23 - Woorde uit sy Woning

So vind twee maghebbers mekaar: Mense het teen God se Gesalfde opgestaan.Psalm 2 gaan in vervulling. Die Lukas Bybelstudiereeks bereik nou sy aangrypende hoogtepunt. U sal die volledige reeks vind op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Meer as 500 video's beskikbaar. Lukas is 'n geskiedskrywer. Dit is hoe hy homself bekend stel aan die begin van sy weergawe van die Evangelie. Hy het die oorgelewerde verhale oor Jesus nagegaan en hy het ook self ander bronne ontgin. Sodoende wou hy sekerheid aan Theofilus gee ... Sekerheid aangaande die historiese waarheid van die gebeure rondom die lewe en sterwe van Jesus van Nasaret. Wanneer ds Gustav Opperman in hierdie Bybelstudiereeks op die voetspore volg van die historikus, Lukas, het hy dieselfde doel as die evangelis. Hy wil u sekerheid gee aangaande die betekenis van Jesus, die Christus, vir ons vandag. Hierdie is die 92ste in die Bybelstudiereeks oor die boek Lukas. Om die volledige reeks in die regte volgorde te kyk, besoek asb ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning, se hoofblad. Bron: Lukas Bybelstudiereeks: Christus vir Vandag#93 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2020 11 04 Musiek gebruik in hierdie video: Intro: Traporrelmusiek: Orrelis: Mariaan Senekal Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 245
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page