top of page

God verewig die name van onbekendes
Doop, Preek Handelinge 12 - Woorde uit sy Woning
Prk Handelinge 12 God verewig die name van onbekendes (Magdalene Rhode Opperman) GK Wonderboompoort 2016 12 18 Lees Handelinge 12 Teks Handelinge 12:13-15 En toe Petrus aan die deur van die poort klop, het ’n diensmeisie met die naam van Rhodé gegaan om te hoor [wie daar was.]En sy het die stem van Petrus herken en van blydskap die poort nie oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan.. Tema: God verewig die name van onbekendes. Psalms: 147:1,2, 147:6,7, 65:2,3, 65:4,5, 89:6,10. Ons weet: Dr Lukas was ‘n betroubare geskiedskrywer. Dit kan met sekerheid gesê word van beide die evangelie wat hy opgeteken het asook die boek Handelinge waaruit ons vanoggend gelees het. Ons vind die rede vir hierdie betroubaarheid in sy metode ... ‘n metode wat hy in die aanhef van die Lukas-evangelie beskryf. Sy verhaal is onder andere begrond op die gesprekke wat Lukas met die destydse dienaars van die woord gehad het ... mense soos Petrus en Paulus nie net hulle nie, maar ook ooggetuies ... belangrike mense soos Jesus se moeder Maria, mense soos die tollenaar Saggeus, maar dan ook menslike gesproke minder belangrike figure, onbekendes soos die jong diensmeisie van Handelinge 12: Rhodé. Ja, daarvan kan ons seker wees. Dr Lukas self het hulle almal geken, Maria die moeder van Johannes Markus het hy geken, met Johannes Markus self was hy ook bekend ... position: 742
bottom of page