top of page

God stoei met ons

(Volledige Erediens Gen 32) Ds Gustav Opperman GK Ventersburg @WoordeuitsyWoning ​

Bron: Skriflesing Gen 32:1-32 

Teks. Gen 32:24 ’n Man het met hom geworstel 

Psalms: 147:1,4; 25:2, 91:1,6; 139:1,3 

Tema: God se stoeigeveg 

Agtergrond tot die preek: Miskien, as jy die Here ken, het jy ook verhaal van die dag of die nag wat Jesus sy hand op jou gelê het? Miskien, as jy die Here ken, was jy ook al in ‘n krisis en het jy ook die hand van die Here gevoel?  Die “ja, maar” gelowige bely die krag van gebed en sal saam met Jakob tot die God van die verbond bid: HERE, red my tog ... maar dan tog voortgaan  om homself te probeer red maar dan tog voortgaan om op sy eie bene te bly staan.  Ten diepste glo die “ja, maar” gelowige dat God diegene help, wat hulself help. Maar dit help nie, want Jakob kan daardie nag nie slaap nie ...  Wie van ons ken nie ook slapelose nagte nie? Jy word skielik wakker,  jy dink dis al 06h00  en dan kom jy agter, dis nou eers half-twee. En dan lê jy daar  terwyl jou gedagtes in die rondte tol En hoe meer jy jou probleme probeer deurdink,  hoe groter word hulle.

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page