top of page

God se Woord verbrand!

Preek Jeremia 36 - Woorde uit sy Woning

Jer 36 Om God se Woord te verbrand 2017 07 02 Lees: Jer. 36 Teks: Jeremia 36:3 Miskien sal die huis van Juda luister. Tema: Om God se Woord te verbrand. Psalms: 36:2, 36:3, 89:1,3, 89:6,8, 33:6,7 Broeders en Susters, Miskien ... miskien sal die volk en die koning vandag hoor! Miskien sal die lidmate vandag luister! Die moontlikheid bestaan wel. Só begin ons gelese hoofstuk. Wie weet, dalk is daar iemand wat vandag tot bekering kom!. Die HERE praat so met Jeremia ... Dit was die regte geleentheid vir hierdie leesdiens. Miskien sal die volk luister! Daar was toe wel een wat geluister het: Migaja, die kleinseun van Safan. Oupa Safan was op sy dag 'n sekretaris van Koning Josia, Koning Jojakim se vader. Saam met Koning Josia het Safan destyds 'n verreikende hervorming onderneem, 'n reformasie wat in die dae so 'n groot impak op Juda se geskiedenis gehad het. Migaja wil opspring en uitroep: “Mense hoor julle nie! God praat met ons!” Migaja bedwing homself, maar hy neem homself voor om hierdie profetiese boodskap aan die vorste, aan die senior amptenare van die regering oor te dra. Iets moet gedoen word! As ons iets vir onsself en ons toekoms omgee ... as ons iets vir ons eie mense oor he ..., as ons iets vir hierdie arme mensdom nog voel ... dan kan ons mos nie hierdie woorde vir onsself hou nie. Ons moet dit aan ander vertel. Ons moet die ander waarsku! Dit laat die koning koud: “En elke keer het Jojakim, as daar drie of vier kolomme gelees is, het Jojakim dit met die mes stukkend gesny en in die vuur gegooi wat op die vuurpan was, totdat die hele rol in die vuur op die vuurpan verteer was.” Só het Jojakim almal laat verstaan wat hy van hierdie woorde dink. Al wat hierdie boekrol voor sal deug, is om die wintervuur te stook. En met dit alles het hierdie koning iets baie belangrik gemis, iets nie mooi begryp nie: Hy wat die HERE se Woord verbrand, sal nie net sy vingers verbrand nie, maar hy sal ook sy hele lewe in die vuur stort. Hy wat die HERE se Woord verbrand, gooi net so wel 'n brandende fakkel in sy eie huis. Jerusalem en sy koning het op die dag in ons Skrifgedeelte nie in hierdie Woord belanggestel nie. Hoe staan dit vandag met u en met my? U weet mos die Engelse spreekwoord sê: “Every man is king in his own castle.” So sit almal van ons maar soos koning Jojakim en luister vandag ... Hier voor die vuurpanne in ons eie winterpaleise. Hier waar ons in ons gestroopte winterpaleise sit ... Ek sê gestroopte winterpaleise, want al die gereformeerde kerke in hierdie land is reeds van hulle vroeëre heerlikheid getroop. Hier waar ons voor die vuurpanne in ons eie winterpaleise sit, terwyl ons van plae hoor en van oorloë en gerugte van oorloë hoor ... en van aardbewings ... terwyl die media ons vertel van die siektes en plae wat die wêreld-oor toeneem. Hier waar ons gelate moet hoor dat geen skool in hierdie land homself Christelik mag noem nie. Wat sal ons met die HERE se Woord doen? Miskien sal ons hoor ... Miskien sal ons vandag hoor ... Wie weet? Sommige preke is van onderskrifte voorsien om dit vir dowes toeganklik te maak. Kry 'n gratis transkripsie van hierdie preek en ander preke weekliks. Beskikbaar: Vra vir volledige lys van alles wat op CD en DVD beskikbaar is. Prediker en studieleier: ds Gustav Opperman position: 738
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page