
God se wondertekens
Sagaria 3:8 Ds Gustav Opperman GK Innesdal @WoordeuitsyWoning
Een ding is duidelik: Die HERE is op pad met sy kerk. Die Here Jesus lei haar na ‘n wonderlike toekoms, ten spyte van al die swaarkry wat hulle op die oomblik ervaar. Op hierdie reis na die ewigheid gebruik God ampsdraers ... ampsdraers om sy volk te rig en te onderrig, om sy huis te bestuur en om daardie huis se voorhowe te bewaak. Woordverkondiging: Sag 3:8 Ds Gustav Opperman, GK Innesdal.
So, wanneer hierdie groepie ampsdraers voor die HERE plaas neem. dan doen hulle dit as wondertekens. Josua en sy vriende is tekens dat daar ‘n Verlosser aan die kom is ... Net soos elke getroue ampsdraer in die kerk vandag ‘n teken is dat die Here Jesus eendag weer sal kom ... om alles tot voleinding te bring. Die HERE ywer oor Jerusalem. So het ons reeds in die eerste hoofstuk gelees. Hy het in die verlede geywer. Hy ywer nou ... en sy ywer sal sy volk, al die gemeentes uiteindelik in sy heerlikheid versamel. Hy doen dit, maar Hy doen dit ook saam met sy ampsdraers. Nie net die hoëpriester Josua en sy vriende nie, maar ook elke predikant, elke ouderling en elke diaken vandag, elke lidmaat geroep en gesalf in die amp van die gelowige.
Bron: Sagaria 3:1-10
Opnamedatum: 2023 07 09
Intro Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation:
Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/