
God se onbegryplike Verlossing
Jes 43 Salome Opperman doop GK Wonderboompoort
Sien hierdie HERE dinge soos dit werklik is? (So kan ons vra.) Weet Hy regtig wat aangaan, wat besig is om met sy volk te gebeur? Dis so erg dat daar baie mense, selfs kerkmense is wat sê: Dis beter om nie kinders te hê onder sulke omstandighede nie. Woordverkondiging: Jes 43, ds Gustav Opperman, GK Wonderboompoort. Volg asb woordeuitsywoning.com
"My weg is vir die HERE verborge My reg gaan by my God verby." Die HERE weet nie wat aangaan nie. Ons dien ‘n doofblinde HERE.
Nee, sê die HERE se profeet aan die begin van ons Skrifgedeelte, dis die volk wat doof en blind is. Trouens, daar is geen ander volk wat so doof en so blind soos hulle is nie. Wie is so blind soos die HERE se kneg en wie is so doof soos sy boodskapper ? Wie is so blind en doof soos hulle wat so baie dinge gesien het, maar nie daarop ag gegee het nie? Wie is so doof as hulle wat so baie dinge gehoor en glad nie geluister het nie?
En die HERE se onderwysing was groot en heerlik: Die verlossing uit Egipteland was groot en heerlik. Die wetgewing op Sinai was groot en heerlik. Groot en heerlik was die intog in die Beloofde Land. Groot en heerlik was Koning Dawid se oorwinnings. Groot en heerlik was die tempel. Groot en heerlik was die al die profesieë. Onder watter ander nasies is sulke dinge verkondig?
Groot en heerlik is die Here se onderwysing. Nou vandag, hier is die HERE se onderwysing groot en heerlik.
Bron: Jesaja 42:18 – 43:11
Opnamedatum: 202 02 02
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za
Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/