
God se heilige wil
Ps 119:1-40 Ds G Opperman Ps Bybelstudie: God se Liedere @WoordeuitsyWoning
Die Psalmdigter borrel vers na vers oor oor die verhouding wat hy met die HERE het. In elke vers het hy die begeerte om sy siel in harmonie te bring met die heilige wil van die HERE. Volg die Psalm Bybelstudiereeks: God se Liedere Woensdae.
Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms "'n klein Bybeltjie" genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Luk 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word.
Bron: Psalm 119:1-40
Opnamedatum: 2019 01 14
Music used in this video: 1) Intro: Ouverture: Psalm 130: Original Music for "Uit Diep van Donker Nagte" used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag Overture Sangers: Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt). Overture Musikante: Henning Dafel - Klavier, Cathy Dafel - Altviool, Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt – Orrel 2) Ps 119:1 Psalmsing tot God’s eer (Odé Ensemble) Administratiewe Buro Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Tel: 018 297 3986/7/8/9 Faks: 018 293 1042 bestellings@gksa.co.za Toestemming: Ds Eric Kayayan 3) Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0 Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ Artist: http://audionautix.com/