top of page

God se Gees werk teen die grein
Preek 1 Korinthiërs 2 - Woorde uit sy Woning
Moeg om die Woord uit te dra? Moeg om te preek vir mense wat nie wil hoor nie? As die ouderlinge hulle werk doen, sal hulle ook hierdie moedeloosheid ken. As u in die amp van die gelowige staan en u praat met mense oor die Here, moes u al gewonder het: Hoekom luister die mense nie? Hoekom wil my kind nie hoor nie? Woordverkondiging: 1 Korinthiërs 2, ds Gustav Opperman,. Wat ek sê, is tog so voor-hand-Bybels! Ek praat tog niks anders as die waarheid nie. En dit wat jou teenstanders sê: (dikwels mede-kerkgangers ... ja, meer dikwels mede-kerkgangers) dit strook eenvoudig nie met God se Woord nie? Dit strook eerder met die wêreld se wysheid. Die apostel Paulus gee vir ons die antwoord op hierdie probleem: ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is. So skryf hy aan die Korintiërs. Dis in baie opsigte asof die apostel hier eerstens vir homself preek, want hierdie gemeente het hom darem al baie in die steek gelaat. Hierdie Korintiërs het hom by geleentheid tot trane gedryf. Hulle was so hooghartig, so wêrelds, so vol van die tipiese wêreldse wysheid, dit waarvoor die Grieke so bekend was. Hulle was so vol van ‘n sieklike spiritualiteit, ‘n geestelikheid wat niks ... niks met die boodskap van Christus te doen gehad het nie. Hiervolgens het hulle ‘n dieper wysheid en kennis as ander gelowiges beetgehad. Hiervolgens is die geestelike bo die liggaamlike gestel. En omdat dit hulle uitgangspunt was, omdat hulle in baie opsigte nog soos heidene gedink het, daarom was hulle lewenswyses, hulle gedrag, was dit vir Paulus verkeerd, so verkeerd. Die Korinthiërs het opgegaan in mensverheerliking, in selfverheerliking. Hulle het opgegaan in die die wysheid van hierdie wêreld, die vrug van die gees van hierdie wêreld. Maar wat nou gedoen? Wat nou gemaak? Bron: 1 Koe 1:10 - 3 Kor:8 God se Gees werk teen die grein Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 12 02 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 161
bottom of page