top of page

God onweerstaanbaar aan die werk!

Preek Johannes 16 Heidelbergse Kategismus 20 - Woorde uit sy Woning

Lees Johannes 16:1-15 Tema: God, onweerstaanbaar aan die werk. Psalms: 72:1,2, 72: 3,4, 72:6,9, 72:10,11. Heidelbergse Kategismus Sondag 20 Vraag 53: Wat glo jy van die Heilige Gees? Antwoord: Ten eerste is Hy saam met die Vader en die Seun ware en ewige God. Ten tweede is Hy ook aan my gegee sodat Hy my deur 'n ware geloof deel laat kry aan Christus en al sy weldade, my troos en ewig by my bly. Deelgenote aan die genade in Christus, Christus se weggaan sal vir die dissipels voordelig wees. Hoe ongelooflik moes hierdie woorde nie daardie aand geklink het nie? Judas het alreeds die nag ingesluip. Petrus het sopas gehoor dat hy die Here gaan verloën ... en daarbuite was die Joodse raad besig om Jesus se dood te beplan. Hoe verwese en verlate het hierdie klompie dissipels nie alreeds gevoel nie ... en om dan nog te hoor: Dit is vir hulle voordelig dat Jesus self weggaan! Jesus se vertrek van hierdie aarde sal vir die kerk beter wees, (so het ons gelees) want Hy wat in Jesus se plek kom, bring besonderse troos, bring besonderse krag, bring besonderse vreugde, bring besonderse vrymoedigheid. Selfs al word hulle uit die sinagoges geban, self al word hulle lewe bedreig, sal hulle ryklik vertroos en bemoedig word. Die Gees van waarheid sal hulle in die hele waarheid lei. Die hele waarheid. Alle kennis, wat werklik van waarde is, alle waarheidskennis sal deur hierdie Trooster kom. Hy sal die dissipels al dieper en dieper in die waarheid aangaande God lei ... Ons sal deur Hom al meer van Christus leer ken, die heilige Skrifte al beter verstaan. Ja, sonder die Heilige Gees mag jy dalk vir Jesus ken, mag jy dalk baie goed in Jesus sien, maar jy sal nie die Christus, die Gesalfde ken nie. Sonder die Heilige Gees kruisig Israel sy Messias. Sonder Hom is daar geen berou oor die sonde nie, geen oor vir die Evangelie nie, geen verlange om te bid nie. Sonder Hom het die mens die allernoodsaaklikste nie nodig nie. Sonder Hom het die mens die allerbeminlikste nie lief nie. Die Gees van waarheid moet ons eers in die hele waarheid lei. Ons kennis van die hele waarheid bevry ons, bevry ons van alle vrees, alle bekommernis. Die Gees wat die Seun gestuur het, maak ons vry en deur Hom word ons waarlik vry (vgl. Johannes 8:36). Die Heilge Gees lei ons om die dieptes van God te ken en dit ook te verstaan. Die HG is ook aan my gegee, sê die Kategismus. Met hierdie stelling word ek persoonlik by die saak van die HG betrek. Hoe staan dit met my geloofslewe? Woon en werk die HG ook in my? Dis ‘n vraag wat ek nie kan ontduik nie? Óf ek het die HG ontvang, óf ek het nie. position: 698
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page