top of page

God kroon die jaar van U goedheid: Hoorder van gebede

Preek Psalms 65 - Woorde uit sy Woning

Volgens die Skrif is die rumoer van die volke soos die see se gebruis … Golwe kom en gaan … branders breek op die rotse en spat op in die lug… So is dit deur die eeue met die volke van die wêreld … jaar in en jaar uit ... Nasies en volke kom en gaan … Ekonomië sal sterk word en dan weer verswak. Presidente kom en gaan … Hulle praat van vrede en hulle beplan vir oorlog … Die mensdom sal werk en dan sal hulle weer staak ... Al kolkend en skuimend stu die volkedom voort … Maar geliefdes, julle wat miskien vir die toekoms in hierdie land vrees, julle wat miskien vir toekomende wêreldgebeure vrees, luister na die woorde van ons Here Jesus, luister na die Een wat die wind bestraf het luister na die Een wat die see stilgemaak het … Hy sê: Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ’n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee (Lukas 12:32). Bid u vir die goeie van God se huis, geliefdes of gaan u gebede maar net oor u en u gesin se finansies, gesondheid en geLukas … O HERE God, hoorder van gebede, U gee meer … soveel meer … U het hierdie jaar vir hierdie gemeente soveel meer gegee … U het hierdie jaar ook vir die Gereformeerde Kerk Matlabas 'n Woordbedienaar gegee … U het vir hierdie gemeente 'n kanaal gegee … 'n kanaal vir lewende water … Die Woordbedienaar self is niks … niks … maar die lewende water wat deur hierdie voor deur hierdie kanaal na u toe deurstroom, dis alles … Sondag na Sondag, huisbesoek op huisbesoek, katkisasie na katkisasie … Daardie lewende water is alles … O gekroonde jaar … jaar van God se goedheid … U het hierdie Bosveld besoek … en U het oorvloed gegee … U het hierdie stukke aarde en sy mense grootliks verryk … U water vloei deur u vore dit kom by ons uit … die grond van ons siele drink dit in ... en dit maak ons kluitharte sag … En het ons dit nie nodig nie! Bron: Psalm 65 God kroon die jaar van U goedheid: Hoorder van gebede (Dankdiens) Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2017 05 04 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 479
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page