top of page

God ken my voor my geboorte

Preek Romeine 8 - Woorde uit sy Woning

God het nie net vooruit geweet nie. God het nie net vooruit bestem nie. God het ook vooruit liefgehad. God het ons vantevore geken. Dit beteken dat die Vader vooruit gekies het om my lief te hê. Soos Hy sy eie Seun liefgehad en geken het voor die grondlegging van die wêreld. Volg die aktuele Romeinereeks: Reg voor God op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Die Goue ketting van Redding ... So het die verklaarders deur die eeue hierdie twee verse beskryf, ‘n ketting wat strek van ‘n ewige verlede tot in ewige toekoms. Daar is vyf skakels in hierdie ketting: God se voorkennis God se uitverkiesing God se roeping God se regverdiging God se verheerliking Geen een van hierdie skakels sal ooit breek nie. Die eerste twee skakels begin in die raadskamer van die drie-enige God voor die grondlegging van die wêreld: Voorkennis en uitverkiesing Voorkennis en uitverkiesing kom uit die ewige verlede. Die volgende twee skakels, roeping en regverdiging, dit gebeur in tyd ... in ons lewe hier op aarde. Die laaste skakel, heerlikheid, strek tot in die ewige toekoms en is daar geanker. Hierdie goue ketting oorspan dus ewigheid, tyd en ewigheid. Hierdie ketting se skakels is onbreekbaar. Hulle is aanmekaar geheg deur die ewige wil van die Almagtige God. Niemand wat deel is van hierdie ketting, word langs die pad bygevoeg nie. Niemand wat deel is van hierdie ketting, word langs die pad verloor nie. Diegene waarmee Hy in die ewige verlede begin het, is diegene wat eendag in die ewigheidstoekoms voor sy troon sal staan. Al die handelinge in hierdie verse gaan net van God uit. Die mens is nie by een van hierdie skakels by betrokke nie. Die mens maak geen bydrae nie. Dit is net God van begin tot einde. Bron: Romeine 8:29 God ken my voor geboorte. Romeinereeks: Reg voor God#42 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 11 17 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Please note: This Intro and Outro Music used in all the video's in the Roman series: Justified/Reg voor God: Music Saraband and Variations (Händel) Birth Date\u200e: \u200eFebruary 23, 1685 Death Date\u200e: \u200eApril 14, 1759 Organist – Mariaan Senekal, Reformed Church Matlabas, Limpopo province South Africa This is not music owned or licensed by AdRev Publishing, but a private recording! This is therefore NOT: • ACL093_25_Serabande_And_Variations_Full-14699 - Lou Mannarino • Music composition position: 324
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page