top of page

God heers vir ewig op die troon
Preek Handelinge 4 Heidelbergse Kategismus 48 - Woorde uit sy Woning
Sondag 48 God se heerskappy Skriflesing Handelinge 4:1-35 Handelinge 4:24 En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het. Tema: God se heerskappy HK Vraag 123: Wat is die Tweede Bede? Antwoord: Laat u koninkryk kom. Dit is: Regeer ons so deur u Woord en Gees dat ons ons hoe langer hoe meer aan U onderwerp. Bewaar u kerk en laat dit groei. Vernietig die werke van die duiwel, elke mag wat teen U opstaan, en alle kwaadwillige planne wat teen u heilige Woord bedink word, totdat die volkomenheid van u ryk kom, waarin U alles in almal sal wees. Volgens die Bybel is God se eienaarskap van die ganse skepping nie in gedrang nie. God se algehele, totale besitreg is ‘n eenvoudige harde feit ... Maar dis ook ‘n eenvoudige harde feit dat nie almal God se heerskappy wil erken nie. Nie almal wil erken dat God baas is nie. Nnie almal wil erken dat Christus die Kurios, die Koning is nie. Nie almal wil erken dat God Here is nie. Daar is nie ‘n ander koning nie. o Despotes, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het. Dis eintlik die hele verhaal van die Bybel. Is dit nie so nie, Geliefdes? Dis ‘n verhaal van die duiwel se opstand teen ‘n Koning, die mens se opstand teen ‘n Koning, ‘n opstand alreeds van die skepping af, alreeds van Génesis drie af, en hoe God deur sy Seun sy heerskappy herstel en uitbrei. Dis ook die tema van ons Kategismus. U onthou Sondag een: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? Dan die antwoord dat ek aan Jesus Christus behoort. Deur Hom is ek bevry ... bevry van die heerskappy van die duiwel. God se heerskappy neem toe daar waar die Gees werksaam is. maar ook daar waar die Woord gespreek word ... Dit was immers deur die hoor van die Woord dat die getal van die dissipels uitgebrei het tot omtrent 5000. Daarom is die duiwel se planne eerstens teen die Here se Woord gerig. Die owerstes van die volk en die ouderlinge van Israel is heeltemal bereid om die apostels vry te laat, maar hulle moet in die geheel nie in die Naam van Jesus spreek of leer nie. Oor en oor kom die Satan met dieselfde aanslag. As dit nie is, om die Evangelieverkondiging te stuit nie (soos hier in Handelinge 4) dan wel om twyfel te saai, om die Evangelie af te water, om ongeloof te kweek. Geen geslag gaan verby sonder dat die Slang hulle nie ook gevra het: Is dit so...? En dan, Geliefdes, het ons teoloë en predikante vandag wat die Christus se opstanding bevraagteken ... Hulle is nie titel waardig nie, want eintlik is hulle slegs poppe ... poppe van daardie Buikspreker wat in die tuin van Eeden reeds gesê het: Is dit so ... dat God so-en-so gesê het? Onse Vader, Vernietig die werke van die duiwel, vernietig elke mag wat teen U opstaan, vernietig alle kwaadwillige planne wat teen u heilige Woord bedink word. Dis nie verniet dat die skrywers van die Heidelbergse Kategismus hierdie sinnetjie bygevoeg nie. Toe die Heidelbergse Kategismus geskryf is in die 16e eeu, het die kerk hiermee te make gehad: bose planne teen die heilige Woord. Vanjaar, met die 500 jarige herdenking van die Reformasie kan ons gerus weer daarvan kennis neem. Destyds het die pous en kardinale in die Roomse kerk gesê: Dis beter as die Bybel nie in die volkstaal vertaal word nie. Dit moet Latyn bly. Die gewone mense kan buitendien nie die Bybel verstaan nie. Die priesters en biskoppe sal die Woord vir die gewone mense verduidelik. en wat die Pous vanuit Rome sê, is soos die stem van God. Die pous het dus dieselfde gesag as die Bybel. Kry 'n gratis transkripsie van hierdie preek en ander preke weekliks. Beskikbaar: position: 732
bottom of page