top of page

God bestaan wel

Bybelstudie 14 Psalms 14 - Woorde uit sy Woning

Psalm 14 behandel die verskynsel wat ons vandag sal noem: Ateïsme - Mense wat sê : God bestaan nie. Volg die Psalm Bybelstudiereeks, soos aangebied deur ds Gustav Opperman Woensdae op @Woorde uit sy Woning. Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms “'n klein Bybeltjie” genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Lukas 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word. Bron: Psalm 14 God bestaan wel Psalm Bybelstudiereeks: God se Liedere Ds Gustav Opperman 2022 03 15 Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: Outro: Opus One Creative Commons Attribution 4.0 Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ Artist: http://audionautix.com/ 1) Ouverture: Psalm 130: Original Music for “Uit Diep van Donker Nagte” used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel Overture Sangers: Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt). Overture Musikante: Henning Dafel - Klavier, Cathy Dafel - Altviool, Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt - Orrel position: 4
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page