top of page

God beloof: Ek is met jou! Altyd. Orals.
Preek Génesis 28 - Woorde uit sy Woning
Daar by die kankerlyer op sy pynbed, of daar buite in die land waar die hael die oes weggeslaan het, of sommer maar net daar met jouself, jy alleen, vasgekeer in jou viermuur-kamer, of daar buite by die tellermasjien, met die leë bankbalans in jou hand ... Sou dit daar ook die huis van God kon wees? Het Hy daar ook 'n huis? Bet-El? Sonder plan. Sonder raad. Voel u Godverlate? Ons is vandag hier bymekaar in die huis van God so noem ons hierdie plek 'n pragtige gebou met 'n gemeente, Psalmklanke, met Bybels op die banke … Seënende hande … “Die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees” Hier in die huis van God … Maar is Hy ook daar buite ... waar ek alleen is? Daar waar jy gaan slaap na 'n dag se gespook en gespartel op jou reis deur die lewe hier probeer en daar misLukas … Daar iewers op die kliprante êrens tussen iewers en nêrens … Salig is die een wie se oë dan kan oopgaan soos van 'n droom met die besef: Waarlik, die HERE is toe al die tyd op hierdie plek, maar ék het dit nie geweet nie. Hy is toe heeltyd daar, daar by jou Al het jy dit nie verwag nie … Bron: Sonder raad? Alleen met jou pyn? God beloof: Ek is met jou! Altyd. Orals. Génesis 28 Bet-El Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Oggenddiens 2019 02 10 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 524
bottom of page