top of page

Glo ek God se wysheid?

Preek Lukas 7 - Woorde uit sy Woning

Het ek die stem van God se wysheid gehoor? Miskien is ek te besig om te wroeg oor die wyshede of dwaashede van hierdie wêreld? Of ek moet ent of nie? Maar wanneer dit by die eenvoudige Evangelie kom, dan is dit hier te lank, daar te kort. Dan is my antwoord: Ja, maar. Hoor ek die stem wat my tot bekering oproep? Hoor ek die stem wat my die heerlike Evangelie aanbied? Woordverkondiging: Spreuke 1, Lukas 7, ds Gustav Opperman,. Die wysheid van God verskil van die wysheid van hierdie wêreld ... so skryf die apostel Paulus aan die Korintiërs. Die wysheid van hierdie wêreld is ‘n kinderagtige wysheid dis die onvergenoegdheid wat rondloop onder ‘n dekmantel van wysheid. Dis die kinders wat die wysheid van God regverdig verklaar het, wat gewys het dat die wysheid reg en waar was deur hulle gehoorsaamheid deur hulle bekering deur hulle dankbaarheid deur hulle geloof. God se wysheid sal geregverdig word deur al haar kinders. God se woord sal nie leeg tot Hom terugkeer nie. Die trane van die kinders van God se wysheid sal van hulle wange afloop en die voete van die Bruidegom natmaak en die kinders van God se wysheid sal hulle hare losmaak, en hulle sal neerbuig en daardie voete soen, daardie voete wat bestem is vir die spykers. Hulle sal dit afdroog met die hare en hulle sal daardie voete soen en kosbare albaste salf daaroor smeer. Die kinders van die wysheid sal dit doen ongeag van wat die mense daarvan sê of dink. Dit maak nie saak of die Fariseër daar sit en fout vind nie. Dit maak nie saak nie. Bron: Spreuke 1:20-29, Lukas 7:18-39 Teks: Lukas 7:35 Maar die wysheid is geregverdig deur al haar kinders. Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 08 08 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 140
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page