top of page

Gesoek: 'n Man om in die bres te tree!

Geloftedag Eségiël 22 - Woorde uit sy Woning

Wat help dit ons om ‘n gewapende buurtwaglid in elke bres te hê? Wat help dit ons om ‘n goed geboude stadsmuur te hê om die wilde heidendom daar buite te hou, maar die poorte en gate in ons geestelike muur gaap wawyd oop? Kyk na jouself en jou eie huis! Kyk na jou kerkhuis, as jy nog een het. Geloftediens Esegiël 22, ds Gustav Opperman. Besoek ons YouTube-kanaal , Woorde uit sy Woning vir nog Geloftevideo's. Sien playlist:Gelofte. Ons Openbaring Bybelstudievideo van vandag is verskuif na Vrydag, 18/12 agv Geloftedag. Soos elke jaar herdenk ons vandag weer die gelofte van Bloedrivier 1838 ... seker die belangrikste gebeurtenis in ons volk se geskiedenis. Ek wil die geleentheid hierdie jaar bietjie anders benader ... nie as volksgeskiedenis nie, maar as kerkgeskiedenis. Kerkgeskiedenis, want dit was hoe die Voortrekkers hulself gesien het ... nie as ‘n volk op trek nie maar as ‘n gemeente op trek. Dis ook hoe die prediker in hulle geledere, Erasmus Smit die trek in sy dagboek beskryf het: Een reisende gereformeerde gemeente na Port Natal in de woestyn ‘n Gereformeerde gemeente in die woestyn ... nie ‘n bende avonturiers nie, nie ‘n groep Europese koloniste nie, maar ‘n geloofsgemeenskap. ‘n Verbondsgemeenskap met ‘n gereformeerde belydenis op reis na ‘n land ‘n land wat heilig moes wees ... Die swak plekke in hierdie walaer was tussen en onder die waens, daar waar die heidene kon deurbreek. Dis daar waar die manne stelling in moes neem. Dis daar waar die manne in die bres moes staan en keer dat niks ... niks en niemand die gemeentelike laer binnedring nie, keer dat geen onheilige ooit hulle kosbare Bybels in die modder sal vertrap nie. Les bes, die nodigste van alles was dat daar geloofstryders moes wees manne wat die geestelike bres moes beman, manne van gebed wat vir die gemeente by God kon intree ... manne soos Sarel Celliers en die ander ouderlinge. Drie maal in Esegiël 22 lê die HERE die volksleiers en die kerklike ampsdraers ten laste dat hulle aan bloedvergieting aandadig is. Nog een maal word hulle bloedskuld vermeld Kwaadsprekers was daar in Jerusalem om bloed te vergiet. Bloed te vergiet en siele om te bring ... hulle sameswerings, hulle sinodebesluite maak dat die Satan wat rondloop soos ‘n brullende leeu dat hy mense siele verslind. In die derde hoofstuk van Esegiël se professie sweer die HERE sy geroepe profeet die dood voor die oë Mensekind, sê Hy Ek het jou, Esegiël as wag vir die huis van Israel aangestel, en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku. As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe ... en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe, maar ... maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Bron: Esegiël 22: Teks: Esegiël 22: 30: Ek het onder hulle ’n man gesoek wat ’n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land. Geloftedag: Gesoek - 'n Man om in die bres te tree. Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 12 16 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 261
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page