top of page

Genoeg van hierdie land! Korrupsie Geweld Moord

Preek Génesis 26 - Woorde uit sy Woning

Génesis 26 Genoeg van hierdie land!? 2018 05 06 Lees Génesis 26 Teks 3 Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën Tema: Wees ‘n putgrawer vir die HERE! Het u al genoeg gehad van hierdie land? Is u al tot hiertoe vol van die wanadministrasie, die regstellende aksie, die korrupsie, die bedrog, baantjies vir boeties, die politieke leuens, die wetteloosheid, die anargie, strukture wat voor jou oë besig is om te vou … dan die regstelsel, dan die wetstoepassing … die basiese dienste is vinnig op pad om te groet … Is u besig om moed op te gee? U het lankal nie meer vertroue in die toekoms nie … Soos die VIGS virus alle weerstand afbreek, staan jou geduld dalk ook nou al op sy laaste bene … U neem niemand meer kwalik as hulle Kanada of Egipte toe wil trek nie … As u dit kon doen, dan sou u dit miskien al self gedoen het …? As daar dalk nog vordering op geestelike terrein was … As die land en sy bevolking maar net op die Evangelie reageer het … Maar elke dag, elke dag lyk dit of die mense nog net verder en verder … verder en verder terugsak in die heidendom ... steeds vasgevang in die voorvaderaanbidding. En daar waar die rustelose geeste van die voorouers vereer word … daar kan jy enigiets verwag. Daar kan op niks peil getrek word nie. Vandag voel die geeste so, maar môre kan hulle dalk anders voel. 'n Onhoudbare situasie. Hoeveel nonsens moet 'n mens nog opvreet in hierdie land? Dis wat Isak ervaar het in ons Skrifgedeelte … 'n onhoudbare situasie. Daar was 'n hongersnood in die land … Hongersnood in die land van Belofte… en Isak het dit gevoel net soos al die ander mense. Dit was sekerlik 'n goed genoeg rede om net soos Abraham destyds na Egipte toe te trek. Maar Isak het net halfpad getrek … toe keer die Here hom. Moenie Egipte toe trek nie … Vertoef as vreemdeling in hierdie land! Bly vir eers net hier, hier in Gerar, hier by Abimeleg en sy mense. Ek sal met jou wees en jou seën. En ons kan onsself maar ook afvra, Geliefdes in ons Here Jesus Christus, as ons vandag nog seën in hierdie land ervaar, (en ons in baie, baie opsigte nog baie geseënd) is dit omdat ons sulke vroom mense is? Of is dit dalk omdat ons voorouers, die stoere voorgeslagte sulke vroom mense was … mense vir wie die huisgodsdiens, die nagmaal, die erediens en die Sabbatdag 'n heilige erns was? Is ons nie maar vandag besig om op die geloof van ons voorouers te teer nie? ..... position: 673
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page