top of page

Genadige Kinderdoop Genadige Verbondsdoop
Preek Psalms 22 Heidelbergse Kategismus 27 - Woorde uit sy Woning
So, wanneer Jesus Christus, Immanuel God met ons, in Psalm 22 aan die kruis hang en Hy daar uitroep: Dit is volbring! En die Psalm afsluit met die woorde: Hy het dit gedoen ... kan dit net beteken dat ons Here die bepalings van God se verbond nagekom het, ten volle nagekom het. doop volwassenes, belydende gelowiges en ons doop hulpelose babas ... maar beide word gedoop binne die bedding van die verbond. In vers 15 van ons Psalm lees ons hoe die lydende Kneg van die HERE uitroep: Ek is uitgestort soos water! Hy verwys na sy bloed, sy eie bloed, wat vir sy volk, sy broers en susters uitgestort is om hulle skoon te was. Dis die gestorte bloed van die verbond. Die bloed van die verbond. Jesus Christus het gekom ter wille van die geslag van Abraham, ter wille van die broers en susters van die verbond het Hy sy bloed gestort om hulle te heilig. Ter wille van die al die nakomelinge van Jakob, al die nakomelinge van Israel, soos Psalm 22 dit stel. Bron: Psalm 22 Heidelbergse Kategismus Sondag 27 Vraag 74 Genadige Kinderdoop Genadige Verbondsdoop Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 01 17 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: 1)Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 2) Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 480
bottom of page