top of page

Geen gewone koning

Ps 72 Ds Gustav Opperman Psalm Bybelstudie: God se Liedere

So aan die een kant hierdie Koning, behep met ellendige behoeftige mense wat eintlik nie getel word op aarde nie. Hy bemoei Hom met hulle en aan die ander kant, soos Ps 110 sê: Hy maak van sy vyande 'n voetbank vir sy voete. Geweldig kom sy oordeel neer op diegene wat hulleself in trots teen Hom verhef het. Volg die Psalm Bybelstudiereeks: God se Liedere Woensdae.  


Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms "'n klein Bybeltjie" genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Luk 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word.


Skryf gratis in op ons webblad: woordeuitsywoning.com vir bykans 900 video's, insluitend die Onse Kategismus vir Kinders, Helpende Woord, Preke, Bybelstudies en Geskiedenisvideo's. Kontak ons by +27 836502186 indien u ons videokennisgewings op WhatsApp en Telegram wil ontvang.  Helpende Woord is beskikbaar op Afriforum TV. U kan ook die Helpende Woord Toep/App aflaai: http://bit.ly/3Bbping 


Bron: Psalm 72 

Opnamedatum: 2016 10 24  


Music used in this video: 1) Intro: Ouverture: Psalm 130: Original Music for "Uit Diep van Donker Nagte" used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag

Overture Sangers:  Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt). 

Overture Musikante: Henning Dafel  - Klavier,  Cathy Dafel - Altviool,  Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt – Orrel  


Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  

Met dank en erkenning:  Ps 72:1,11 Glorieryke Psalms  

www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers  Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page