
Gee ons 'n Leier! 'n Man wat vrede kan bring, rigting kan gee!
Preek Psalms 110 Heidelbergse Kategismus 12 - Woorde uit sy Woning
Ons het iemand nodig wat vir ons kan intree. Ons het ‘n koning nodig. Ons die beskerming en bewaring van ‘n koning nodig. Ons het‘n rigtinggewer nodig, 'n leier ... iemand wat ons op die pad vorentoe kan lei. Reeds sedert Génesis drie ervaar die Bybelgelowige ‘n bedreiging. Daar praat die HERE God van ‘n vyandskap, ‘n ewige vyandskap tussen die saad van die vrou en die saad van die Slang. Die Slangsaad openbaar hulself as die Antichristelike magte wat daar in die wêreld was en tot aan die einde van tyd daar sal wees. In die woorde van Psalm 68 staan God se heilige regterstoel hoog bo die onreg wat hier woel vanwaar Hy in ontferming die weduwees hul reg verskaf die wees se onderdrukkers straf en waak tot hul beskerming. So staan Psalm 110 in die sentrum van die heilige Skrif en so is die Psalm dan ook die Bybelgedeelte wat die meeste in die Nuwe Testament aangehaal word. Deur Jesus self, deur die apostels deur Petrus, deur Paulus, deur Johannes ... Aan die regterhand van God die Vader sal God die Seun sy plek inneem. En soos dit vir Dawid ‘n troos was, so is dit vir ons ook ‘n troos en ‘n bemoediging. Hierdie wete hou ons staande ... staande in al ons nood. Wat kan ‘n mens my doen? Wat kan die Duiwelse magte my doen? Ek sal nie ondergaan nie selfs al kom ek die dood tee, selfs al gryns die duiwel voor my, selfs al staan die wêreld teen my op. My Here sit hoër as hulle almal. Hy sit aan die Vader se regterhand om ons te beskerm. Hy is daar aan die regterhand van God die Vader totdat sy vyande tot in die stof verneder is. Ja, die Gesalfde heers nie daar in die hemel buite aardse bereik nie ... Hy is besig om sy oorwinning word hier op aarde behaal ... Die nekke van die konings en heersers hier op aarde, is die voetbank van sy voete ... Al die manne wie se name in die geskiedeniskronieke opgeteken is, al die manne wie se name nou in graniet gegraveer word ... al die manne met het hulle hemelhoë standbeelde die wêreldoor, die grotes van die aarde en hulle onderdane ... word ‘n voetbank vir sy voete. Dis ook waar: Ons moet baie van die ons stryd as geestelik sien, maar uiteindelik manifesteer dit wat geestelik is ook in die vlees ... en so sal die konings, die owerstes van hierdie aarde en die mense wat hulle volg, geopenbaar word as mense soos ons, mense van vlees en bloed. En sal die bloed eendag op aarde letterlik vloei, soos dit nou reeds onder God se oordeel orals in die wêreld vloei ... Maar u weet : die mens is eerstens ‘n slaaf van sy eie sonde. Hy is nie in staat om oor die skepping te regeer nie, want hy kan homself nie beheers nie. Jesus Christus moes die mensdom uit hierdie greep verlos: die slawerny van die sonde, die boeie van die verderf. Daarom is die eerste eienskap van hierdie koning nie die feit dat Hy sy vyande en ons vyande aan die dood sal oorgee nie, maar dat Hy self die dood oorwin het. Daarom is die eerste eienskap van hierdie koning nie die onderdrukking van die mensdom nie, maar dat Hy die sonde self onderdruk het ... Die mensdom sug na leiers. Hulle sug na manne wat vrede kan bring, wat rigting kan gee. Hulle messiasverlange lê vlak onder die oppervlak: ‘n Napoleon, ‘n Madiba, ‘n Verwoerd, ‘n Trump, ‘n Obama, ‘n miljoen handtekeninge vir Steve ... Gee ons tog net iemand wat die bose kan oorwin ... wie of wat ons ookal as die bose sien. Bron: Gee ons tog net 'n Leier! Manne wat vrede kan bring, rigting kan gee! HK 12 3 Psalm 110 Deel 3b Bely uit die Psalms #18 Troosreeks Musiek gebruik in hierdie video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za position: 582