
Gebed op die reispad
Luk 11 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
God se Gees lei my om sondevergifnis te soeken om dit in die Naam van die Here Jesus Christus te vra. En soos daardie Gees ons tot die herstel in ons verhouding met God lei, so is die Gees ook die Geneesheer in ons eie stuk-kende verhoudings. Woordverkondiging: Luk 11 Ds Gustav Opperman GK Colesberg.
Daar is ook soiets soos 'n goeie kringloop, 'n Goddelike kringloop ... en dit is die gebedskringloop van God se pelgrims op hulle reis na die ewigheid. Hoe meer hulle bid, hoe meer hulle gelowig bid hoe meer ontvang hulle van God se Gees, hoe meer geniet hulle die ontsaglike gawes van die Heilige Gees, Hoe meer hulle van God se Gees ontvang, hoe meer bid hulle. Dis 'n Goddelike kringloop en daardie kringloop gee momentum aan ons lewenspad, dit lig ons as't ware van hierdie aarde af op. Daardie kringloop helder ons oë op sodat ons die pad voor duidelik kan sien, daardie kringloop maak ons ore oop sodat ons God se reisaanwysings duidelik kan hoor.
Bron: Lees Luk 11:1-13
Teks: 11:13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
Tema: Bid vir die beste Reismaat
Psalms: 122:1; 122:2; 25:3,4; 130:3,4; 91:1,5,6.
Opnamedatum: 2024 03 10
Intro Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/