top of page

Gebed in die Stryd
Bybelstudie 3 Psalms 3 - Woorde uit sy Woning
Psalm 3 begin dan midde-in die stryd. Psalm 3 begin met die praktiese verskriklike situasie waarin die gelowige hom hier op aarde in kan bevind. Volg die Psalm Bybelstudiereeks, aangebied deur ds Gustav Opperman Woensdae op Woorde uit sy Woning. Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die “'n klein Bybeltjie” genoem het. Die omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Lukas 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word. position: 53
bottom of page