top of page

Ewige Kandelaar

Sagaria 4:6 Ds Gustav Opperman GK Innesdal @WoordeuitsyWoning ​

Deur al die eeue was die kandelaars die simbool van God se lig, maar sy heerlikheid onder die volk  het nie meer gebrand nie. Dood en donker was die kandelaar. Nou was dit die simbool van ‘n volk se vernedering. Serubbabel word bemoedig deur Sagaria se naggesig. Die Kandelaar en die olie wat die kandelaar aan die gang hou, is die onderwerp van hierdie visioen. Woordverkondiging: Sagaria 4, ds Gustav Opperman GK Innesdal.  


Die Joodse goewerneur Serubbabel het toe die taak gehad om die tempel te herbou. Serubbabel was uit die geslag van Dawid, maar in teenstelling met sy grootvader Dawid wat ook ‘n tempel wou bou, in teenstelling met Dawid  het Serubbabel ‘n bykans onmoontlike taak gehad.  Maar geliefdes, wie, wie van ons gaan die dag van kleine dinge verag?  Nie terwyl God se Gees aan die werk is nie: Onophoudelik, onkeerbaar, onuitblusbaar aan die werk is nie. Wie van ons gaan die dag van kleine dinge verag, terwyl die HERE met blydskap  die skietlood aanskou in die hand van Serubbábel?  


Bron: Sagaria 4:1-14 

Opnamedatum: 2023 07 16  


Intro Musiek gebruik in hierdie video:  

Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  Met dank en erkenning:  

Ps 144 Glorieryke Psalms  www.ico.org.za info@ico.org.za  

Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers 


Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  

With thanks and appreciation:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page