top of page

Ek help jou!

Preek Jesaja 41 - Woorde uit sy Woning

Ons vrees die dood. Ons vrees siekte. Ons vrees lyding. Ons leef in vrees van kleins af - die vrees vir die onbekende en elkeen het sy eie onbekende om te vrees: dié dag of dié nag van jou en my eie dood wat lê en wag. Woordverkondiging: Jesaja 41, ds Gustav Opperman. “Wie leef daar wat die dood nie eenmaal sal aanskou nie Geeneen wat teen dié mag sal lewe kan behou nie ...” Daardie siekte of hartaanval wat lê en wag ... Dit bring vrees die vrees vir die onbekende môre ... En nou kom die HERE deur sy Gees na ons toe vandag en Hy gryp ons regterhand vas ... omsluit ons bewende hand met sy vaderlike hand en Hy sê vir ons op die dag van broeder Danie se begrafnis op hierdie dag waar die lykstoet na die begrafplaas toe ry ... Hy sê: wees nie bevrees nie Kyk, Ek help jou ... Soos Hy Abraham bygestaan het, Soos Hy vir Jakob vetroos het daardie nag toe Jakob met sy kop op ‘n klip geslaap het, Ek is met jou, Jakob Ek sal jou bewaar ... oral waar jy heengaan (Génesis 28:15) Abraham en Jakob wat die HERE uitverkies het, so het ons gelees Abraham wat die HERE geroep het vanuit die uithoeke Abraham wat die HERE gegryp het, met sy sterke regterhand gegryp het van die eindes van die aarde ... en hom nader gebring het ... vir hom en vir sy kleinseun Jakob teenaan hom gedruk het ... Jy, Abraham is my kneg en jou seun Jakob sal my dien en hulle kinders tot in die duisendste geslag ... Ek het julle uitverkies ... Ek sal julle nie verwerp nie ... Wees nie bevrees nie ... moenie angstig rondkyk nie Ek is met jou ... Bron: Jesaja 41 Ek help jou! Begrafnisdiens: Danie Smit Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 11 16 Musiek gebruik in hierdie video: Gemeentesang: Psalm 23:1, Psalm 68:9 Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Outro: Ps144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 57
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page