top of page

Dring deur duisternis en elke donker hart: Die Lam is die Antwoord.

Nagmaal Preek Johannes 1 - Woorde uit sy Woning

Die arme verlore volk, so lank vertrap en verdruk, so lank al slawe van hulle eie sondes ... Hulle kom! Ons, die verwarde volk wat elkeen op sy eie pad loop, wat ronddwaal soos skape, uit vrees vir die dood: Waar is die Christus? Wanneer kom die Christus? Wie is die Christus? En die antwoord op hierdie vrae bring ons uit die duisternis na die lig. Die antwoord op hierdie vraag dring deur tot elke donker hart. Dit openbaar elkeen se uiterste ellende en nood! Wie is jy, Johannes? Is jy Elia wat sou kom? Wie is jy dat ons ‘n antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het? Wat sê jy van jouself? Is jy die Christus? Maar waarom doop jy dan? So reën die vrae op die Doper neer ... So maal die verwarde volk rondom Johannes soekend na antwoorde ... antwoorde op die diepste lewensvrae. Verwarde volk! Soekend na antwoorde? Die antwoord op hierdie vraag is ook die antwoord op die Groot Raaisel ... die Groot Raaisel van die mens se lewe ... Daardie Raaisel waarop die mensdom geen antwoord het nie. Tevergeefs probeer ons geleerdheid om daarby uit te kom ... Tevergeefs peil die wetenskap die lengte en breedte, die hoogte en die diepte van alle dinge. Tevergeefs. Die mens kan nie by God uitkom nie. God moet Homself aan die mens openbaar. Die mens is wel rusteloos aan die soek ... Wie? Wat? Waar? Wanneer? Niemand het nog ooit God gesien nie ... Wie of wat sal God dan verklaar? Daar gebeur ‘n ongelooflike ding in ons Skrifgedeelte. Daar is die Lam van God, (sê Johannes die Doper). Hy wys na ‘n mens ... Hy wys na die kroon van God se skepping. Volgens Johannes die evangelis verwys Hy na die mees besonderse Mens wat ooit geleef het: In hierdie Mens was die lewe self. Hy is die lig van die mense ... Hy is die openbaring van God self. Dis die getuienis van Johannes die Doper. Johannes die Doper se getuienis kom van oorkant die Jordaan. Hy is die stem van die een wat roep in die woestyn. Hy roep die volk op om weer uit die beloofde uit te trek, weer terug te gaan op hulle spore ... van meer as ‘n duisend jaar vantevore ... Terug na die dae voor die deurtog deur die Jordaan. Hy roep die volk op om weer van voor af te begin. Hy roep die volk die volk op om hulle gereed te maak, om hulle te laat doop in die Jordaan ... ‘n bekeringsdoop ... voor dit te laat is ... want die Sterk Een is aan die kom. Berei ‘n weg in die woestyn ... die weg van die HERE! Maak ‘n grootpad, want onse God is aan die kom! Hy wat met vuur doop, is aan die kom ... Hy wie se skoenriem Johannes nie waardig is om los te maak nie ... Die grote Koning was aan die kom ... Die Groot Profeet van Deuteronomium 17 was aan die kom. En die mense hoor en die volk luister en hulle kom nader. En Jerusalem en die hele Judea en die hele omtrek van die Jordaan ... het uitgegaan na Johannes toe (Mat. 3:5). Bron: Johannes 1 (Nagmaal) Verwarde volk, soekend na antwoorde. Die Lam is die Antwoord. Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 02 24 Ons Bybelstudiereekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 521
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page