top of page

Dorsland! Die Groter Dors!
Nagmaal Preek Psalms 42 - Woorde uit sy Woning
As u 'n medereisiger is op die pad na die nuwe hemel en nuwe aarde, sal u ook daardie dors ken: die sieledors na die Lewende God! Daar is groot dele van hierdie wêreld, groot dele van hierdie land wat verdor weens ’n gebrek aan water. Onsettend is die lyding van mens en dier, wanneer die waterbronne opdroog. Waneer hulle begin trek van watergat tot watergat. Waneer hulle in die droeë rivierlope in die sand na ’n bietjie syferwater begin grawe, wanneer die tong begin swel en en bars, wanneer die verstand begin parte speel en die organe die een na die ander begin staak weens ’n gebrek aan water. Waneer hulle selfs bereid sou wees om die diere te slag om net die laaste bietjie vog uit die pensmis te pers soos dit in die 1870s gebeur het toe die Dorslandtrekkers destyds deur Botswana getrek het. Soos ’n hert in dorre streke skreeuend dors na die genot van die helder waterbeke ... Die Bybelse Koning Dawid het self sulke desperate tye beleef. Hy dig Psalm 63 toe hy in die woestyn van Juda was. Hy noem die gebied ’n dor en uitgedroogde land sonder water. Maar selfs hier het hierdie profeet besef, dat die dors wat hy toe ervaar het ... dat dit maar net ’n beeld was van ander dors, die groter dors. Dit was die dors van die uitgedroogde, kwynende siel na God. Bron: Psalm 42 Voorbereidingsdiens Dorsland! Die Groter Dors: die Sieledors Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 05 19 Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 454
bottom of page