top of page

Doodbang vir die dood? Slaaf van die duiwel?

Preek Hebreërs 2 - Woorde uit sy Woning

Ons is doodbang om die dal van doodskaduwee te betree. Heeltyd bewus van die dood. In hierdie virustyd is dit maklik waarneembaar. Elke mens dra ‘n masker in die hoop om daardie afspraak so bietjie uit te stel. Woordverkondiging uit Hebreërs 2, ds Gustav Opperman,. Die dood kom as 'n ruiter op 'n vaal perd. Niemand sal hom vryspring nie. Een of ander tyd raak almal beangs oor sy koms. Of jy nou goddeloos is of regverdig die oomblik as daardie vaal perd voor jou opsteier, raak jy bang ... doodbang. Ons is doodbang om daardie diep en donker rivier binne te gaan. Wat sal ons doen in die uiterste nood? Vlug vir die pyn of ontsnap aan die dood? En selfs al is ek nie die heeltyd doodbang nie, is ek tog die heeltyd bewus van die dood, bewus daarvan dat dinge enige tyd kan skeefloop en dat die dinge wat met die dood verband hou, dat dit gedurig om die draai loer: Siekte, armoede, geweld, ongelukke, virusbesmetting ... teenwoordige of toekomende dinge ... Dit maak dat mense angstig is. Dit maak dat mense angstig leef, al is daar miskien niks wat hulle op daardie oomblik bedreig nie. 'n Digter het eenkeer geskryf: Die laataand skuif nou reeds tot langs die twaalfde uur van hierdie donker nag. Ek voel daeliks die vrees en panies is die angs vir hierdie nanag en vir elke nuwe dag. Nou, die volgende ding wat ons uit ons Skrifgedeelte leer .. en dit is: Angs en angstigheid maak ons slawe van die duiwel. Dit maak dat mense hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe is ... hulle hele lewe lank. Bron: Hebr 2 Doodbang vir die dood? Slaaf van die duiwel? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2020 07 12 Hierdie Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 374
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page