
Die wonder van my taal
Hand 2 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Geen groter guns kon die Here hierdie volk bewys het nie as juis hierdie geskenk van sy Woord in ons moedertaal: Die groot dade van God in die Afrikaanse Taal. Woordverkondiging: Hand 2, ds Gustav Opperman, GK Colesberg @WoordeuitsyWoning Dis nou bietjie meer as 90 jaar gelede dat die eerste Bybels in die Afrikaanse taal in die land aangekom het. Dit is die grootste gebeurtenis in die bestaan van die Afrikanervolk ... groter as die Groot Trek self, groter as die roemryke oorwinnings van baie oorloë, groter as die 1938-herdenkingstrek, die geleentheid toe tientalle ossewaens deur die land getrek het en 'n vlam van volkstrots aangesteek het, ongekend in hierdie land se geskiedenis, groter as die destydse inwyding van die Voortrekkermonument toe 'n kwartmiljoen mense in Pretoria saamgetrek het ... Groter as al hierdie gebeure is die dag toe die eerste 10 duisend Bybels in Afrikaans in Kaapstad aangekom het die groot dade van God in die Afrikaanse Taal.
Bron: Lees Handelinge 2:1-13
Teks: en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galiléërs nie? En hoe hoor ons [hulle,] elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is? Tema: Nie net aan ander nie, maar ook aan my.
Psalms: 48:1,4,5; 65:2,3; 47:1,3,4; 66:1,2
Opnamedatum: 2024 04 28
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/