top of page

Die wat met trane saai

Begrafnis Psalms 126 - Woorde uit sy Woning

Ken u daardie gevoel? Daardie dag toe u by die kerk uitgestap het en dit gevoel asof jy sweef. Daardie dag toe jy van jou knieë af opgestaan het en jy was soos die wat droom, want jy het gevoel hoe die lewende God jou optel, want jy het gevoel hoe die HERE, Here jou uit die water uit optrek, daar waar jy besig was om te verdrink. Daardie dag toe die almagtige God jou weer hoop gegee het? Psalm 126 Begrafnisdiens: Jan Trichardt, 2021 07 15, Ds Gustav Opperman,. “Ek sal van ganser harte, HEER, u wonders groot maak en U eer …” Ken u daardie gevoel ? As u dit nie ken nie, geliefdes … as u dit nog nie in u lewe ervaar het nie, dan tel u onder die armste van die armes … Maar daar is ook die ander sy: daardie gevoel van wanhoop … Die ken ons ook … Soos die teruggekeerde ballinge uit Babilon dit moes ervaar het … Dit was 'n stryd om die tempel te herbou Met die swaard in die een hand en die troffel in die ander hand, moes daar gebou en geplant word … want hulle het nog steeds vyande gehad … en hierdie aarde was nog steeds vervloek … en steeds in die sweet van hulle aangesig moes hulle hul brood verdien … die ander sy: daardie gevoel van wanhoop … Die ken ons ook … Wanneer ons by die siekbed staan en ons die aftakeling sien en die oë al dieper sink … en die asem al vlakker word … Daardie gevoel van wanhoop … As ons by die oop graf staan … “stof is jy, kind van Adam en tot stof sal jy terugkeer …” Die ken ons ook … Daarom dat die digter van Psalm 126 in vers 4 dit uitroep … soos elke gelowige dit uitroep, soos elke geloofsgemeenskap dit telkens deur die eeue moes uitroep weer en weer … O HERE, verander ons lot weer soos waterstrome in die Suidland! Bron: Psalm 126:5 Die wat met trane saai ... Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 07 15 Van ons preke het Afrikaanse en Engelse onderskrifte en is dus meer toeganklik. Ons Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 144, Psalm 126 (intro) Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers Gemeentesang: Psalm 146 Other music used in this video obtained from YouTube Audio Library With thanks and appreciation: No.7 Alone With My Thoughts Classical Calm Esther Abrami 2:23 YouTube Audio Library License You’re free to use this audio track in any of your videos, including videos that you monetize. No attribution is required. YouTube may credit the artist and link the Audio Library from your video. You may not make available, distribute or perform the music files from this library separately from videos and other content into which you have incorporated these music files (e.g., standalone distribution of these files is not permitted). position: 41
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page