top of page

Die waarheid aan splinters! Wat is Waarheid/Fake News?

Preek Johannes 18 - Woorde uit sy Woning

Sal ek die like knoppie druk op hierdie facebook plasing of nie? Soveel besluite, soveel menings, soveel moontlikhede, soveel persepsies, soveel konings, soveel kandidate, soveel nuus, soveel gerugte, soveel beelde ... Is daar nog soiets soos die waarheid? Vandag lê die waarheid in stukke soos ‘n spieël wat geval het alles flenters in splinters. Johannes beskryf die verhoor van Jesus. Die apostel beskryf die oggend toe die Jesus voor Pilatus gestaan het en hy ‘n oordeel oor Hom moes vel, toe die Waarheid voor Pilatus gestaan het en hy ‘n keuse daaromtrent moes maak. Vir Pilatus word dit ‘n onmoontlike keuse. Vir hom is daar nie meer een enkele waarheid nie. Die Jode het geglo hulle beskik oor die hele waarheid: Hulle storie is die enigste storie. Hulle hele geloof het daarop berus dat daar een enkele God is, dat Hy die volk van Israel uitverkies het en dat sy Gesalfde, eendag sal kom, sy aangewese koning sal kom om daardie volk te verlos en te herstel. En Jesus, die Nasarener was, volgens hulle nie daardie Christus nie. Daarom moet Hy uit die weg geruim word al is Hy hoe gewild, al het Hy soveel wonders en tekens verrig, al leer Hy met meer gesag as enige profeet wat daar in die geskiedenis opgetree het. Jesus die Nasarener moet dood ... Pilatus kon sien dat Jesus onskuldig was. Maar, so het hy ook geredeneer, as hy die volk die geleentheid gee om te kies, dan sal hulle die regte keuse maak. Kom ons hou ‘n verkiesing, (is sy voorstel). Stel vir Jesus as kandidaat en stel vir Barabbas, ‘n groot skermunkel teenoor hom. Die volk sal mos weet wie om voor te stem. Glo u ook, broeders en susters, dat vrye en regverdige verkiesings die wêreld se probleme gaan oplos. Glo u ook dat daar genoeg gesonde verstand in die mensdom is dat die skobbejakke outomaties uitgeken sal word? Is jy dan tog wel ‘n koning, wil Pilatus toe weet? U sê dit, dat ek ‘n koning is, antwoord Jesus. Hierdie Koning bestaan uit alle ewigheid en is vir sy koms na hierdie wêreld toe gebore. Hy is die koning, Pilatus ... nie net die Jode koning nie, maar die wêreld se Koning, die wêreld se Messias. en sy heerskappy het gekom. Dis hoe die waarheid lyk, hoogedele goewerneur? Hierdie koning het gekom om vir die waarheid te getuig. Vir ‘n oomblik, broeders en susters, skitter die waarheid voor Pilatus ... nie net ‘n fragment van die waarheid nie, nie net ‘n stukkie van daardie gebreekte spieël nie, maar die hele spieël ... Bron: Preek Die waarheid aan splinters! Wat is Waarheid/Fake News? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2017 01 22 Johannes 18v28 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 620
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page