
Die verlange van 'n vrou
1 Samuel 1 Ds Gustav Opperman Gereformeerde Gemeente Diamantvallei
Sy het nie kinders gehad nie. Daarom was sy rusteloos. Gaan dit hier net hier oor ‘n vrou wat graag haar eie baba in haar arms wil vashou? 'n Vrou wat graag haar man se liefde en guns wil behou? Hanna wat graag haar mededingster se mond wou stilkry? Of is daar veel meer op die spel? Woordverkondiging: 1 Sam 1, ds Gustav Opperman, Gereformeerde Gemeente Diamantvallei.
Hoekom kinders hê? Hoekom enigsins kinders in hierdie toekomslose land inbring? Hoekom nog meer kinders in hierdie wêreld inbring ... om hierdie toekomslose oorbevolkte planeet nog meer te besoedel? Nou goed, hoor ek iemand sê, een of twee is mos genoeg ... maar daar moet dit stop ... Ook ter wille van hulle toekoms moet dit daar stop Hoekom nog meer kinders hê?
Een eenvoudige rede, geliefdes. Sonder kinders sonder dat God se kindergetal voltallig is, is daar geen toekoms nie. Die HERE is en sy gunsgenote is op pad na die ewigheid en as u een van sy getroue dienaars of dienaresse is, dan sal u deel van daardie stoet, daardie prosessie wil wees. Die HERE het ons immers vir Homself geskape en ons harte sal rusteloos wees totdat dit rus in Hom gevind het. Dit was die woorde van Augustinus, een van die vroeë kerkvaders.
Die ware gelowige is op pad na die ewige saligheid en daardie hart sal nie rus tot ons by God is nie daardie hart sal nooit rus vind totdat die geskiedenis sy voleinding bereik het nie.
Bron: 1 Samuel 1
Opnamedatum: 2022 08 07
Intro Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro 2022 Music:
Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation:
Opus One Creative Commons Attribution 4.0 Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ Artist: http://audionautix.com/