
Die reënboog as genadeteken
Luk 17; Gen 9 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Baie skielik en heeltemal onverwags was die vloed daar. In Lukas 17 verwys die Here Jesus daarna: Hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het. Geen verdere beskrywings oor hoe hulle in hulle doodsangs na God uitgeroep het nie,die God wat hulle nooit in hulle lewe wou ken nie.
Bron: Lukas 17:26,27 ; Gen 6:1-14; 7:10 - 8:4; 8:18 - 9:17
Teks: Gen 9:14,15 As Ek dan wolke oor die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolke, dan sal Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees.
Tema: God gee die reënboog as genadeteken
Psalms: 65:4,5; 65:6.7; 130:1,2; 33:2,3,4; 33:7,11. Opnamedatum: 2025 05 04