top of page

Die Here vervang Menslike leierskap

Preek Jesaja 3 - Woorde uit sy Woning

Wat die leierskap vir die Afrikaners betref: Daar is toe nie ‘n Delarey wat die Boere kon lei nie! Dan is dit geen wonder dat so baie mense – so baie seuns en dogters die land verlaat nie. Dan is dit asof hierdie kontinent sy naam gestand doen, die naam wat van vanaf die vroegste tye daaraan gegee is: Donker Afrika! Afrika sonder lig. Sonder leiding. Leierloos. Woordverkondiging uit Jesaja 3 & 9, ds Gustav Opperman,. As daar nou één kenmerk is van die omstandighede waarin ons leef, dan is dit leierloosheid. Maak 'n lys van leiers op die kontinent van Afrika ... Plaas die leiers van hierdie land onder die vergrootglas u sal geen groot leier of staatsman vind nie … Inteendeel ... Kyk u na die ekonomiese krisis, die elektrisiteitskrisis, die misdaadkrisis en die Covid-krisis wat Suid-Afrika bedreig, sal u waarskynlik met my saamstem: daar is geen behoorlike leierskap nie. In baie gevalle is die sondes van die vorige bedeling net so deur die nuwe bedeling oorgeneem: korrupsie … baantjies vir boeties. Maar ook op kerklike terrein soek u tevergeefs na sterk leiding. Daar is 'n gesagskrisis in die kerk. Daar is 'n probleem met die jeug. Sinodes word bang om standpunt in te neem Die grootste Afrikaanse kerk wil nie standpunt inneem nie. Verskynsels soos dobbel, saamwoon word goedgepraat Homoseksualiteit word goedgekeur. Teologiese professore weerspreek die Bybelse leer openlik en niemand kan of wil hulle vasvat nie. Gebrek aan leiers. Donker Afrika sonder lig sonder leiding leierloos … En tog, Broeders en Susters, Tog, as ons Jesaja so lees dan sien ons dat die Here wel aan ons 'n Leier gegee het … 'n Lig wat helder skyn … ook in donker Afrika … Vir ons is 'n Seun gebore! sê ons teksgedeelte. Enersyds sien ons dat die Here elke stut, elke steunpilaar, elke leier uit die samelewing verwyder … totdat vroue en kinders die volk later regeer. Andersyds gee Hy 'n Seun 'n Seun wat sal heers tot in ewigheid. Die Here vervang menslike leierskap met goddelike leierskap. Bron: Jesaja 3 & 9 Die Here vervang Menslike leierskap Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 08 02 Hierdie Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 362
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page