
Die HERE sal voorsien
Gen 22 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Om te glo, beteken om op God te vertrou, net op God ... op God alleen! Woordverkondiging: Gen 22, GK Colesberg, ds Gustav Opperman.
Telkens (so lees ons) moes Abraham aan God vashou ... maar net aan God se beloftes vashou ... God het hom geroep na ’n land wat God hom sou wys ... ’n land waarin Hy vir Abraham tot seën sou maak ... Abraham het dit nie gesien nie ... Hy moes dit net glo. En hy moes God alleen daarmee vertrou. Abraham moes met God alleen reken. Abraham moes reken met die God ... wat aan hom ’n seun belowe het ... en dan .... word daardie seun gebore. Isak was sy naam... Isak ... kind van die gelag ... kind van die vreugde ... Uiteindelik was die belofte vervul ... En daar speel die kind voor hulle oë. Maar God se handelinge is nog nie klaar nie. Na hierdie dinge het God (so het ons gelees), gaan die geskiedenis voort met erns ... dodelike erns ... sonder enige verposing ... sonder enige verduideliking ... net ’n stem in die nag ...
Bron: Lees Gen 22:1-18; Heb 11:8-19; 12:1,2.
Teks Gen 22:14 En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien!
Tema: Volg Christus, die Here sal op die pad voorsien
Psalms: 65:1,3; 65:8,9; 66:6,8; 86:3,6; 130:3,4
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning:
Ps 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za
Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation:
Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/