
Die Here is onvergelykbaar!
Jes 46 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Elke afgod word uiteindelik 'n ondraaglike las. Iets wat jy moet dra en wat op die ou einde vir jou niks beteken nie. Niks! 'n God wat homself nie kan dra nie, hoe gaan hy jou red? Al wat hulle jou kan bied, is moegheid. Hulle maak ons doodmoeg. Gaan jy aanhou om daardie afgod staande te probeer hou? Of gaan jy besef dat jy nog altyd die Here gehad het, nie waar nie? Hy wat ons gedra het!
Bron: Lees Jes 45:20-46:10
Teks: Jes 46:3,4: Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af; en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.
Tema: Wie dra wie?
Psalms: 84:3.4; 84:5,6; 86:5,6; 68:9.