
Die Here is my Herder
Ps 23 Ds Gustav Opperman Voorbereiding GK Ventersburg Nagmaalreeks 14a
Of die HERE is my herder, of die dood is my herder, maar skaap sal ek bly. Daar’s is geen genade sonder hierdie besef nie. Ook geen hoop nie. Ps 23, ds Gustav Opperman, Voorbereiding, GK Ventersburg.
Psalm 23 is een van die bekendste psalms in die Bybel. In my jong dae moes elke katkisasiekind dit naas die “Onse Vader” uit die kop uit kon opsê. ‘n Psalm van kinderlike geloofsvertroue, van blydskap en genot, van stille berusting. Alles in ‘n paar woorde saamgevat.
Hierdie psalm het al ontelbare moedeloses opgetel. Hierdie psalm was die salf wat al ontelbare stukkende harte gesond gemaak het, wat ontelbare weduwees in hulle eensaamheid vertroos het. Deur hierdie psalm het die hemel vir Christus se sterwende sodate geopen.
Dis sekerlik die psalm wat tot met die wederkoms sal weerklink, tot ons en ons kinders en hulle kinders veilig by die HERE is. Psalm 23 is die hele evangelie in ‘n neutedop.
Bron: Psalm 23
Opnamedatum: 2022 08 21
Intro Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/