
Die HERE daal neer
Ps 113 Ds Gustav Opperman Psalm Bybelstudie: God se Liedere @WoordeuitsyWoning
Dis twee eienskappe van God wat eintlik nie logies bymekaar hoort nie: God is bo alles, oor alles, nie in die skepping soos die panteïste sê nie. God het dit alles geskape. Hy staan en Hy kyk neer daarop en dan sien ons dat hierdie Psalm sê dat God neerdaal, dat Hy betrokke raak by die laagste, mees vernederde mense van alle soorte wat daar is. Volg Woensdae die Psalm Bybelstudiereeks: God se Liedere.
Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms "'n klein Bybeltjie" genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Luk 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word.
Bron: Psalm 113
Opnamedatum: 2018 09 03
Music used in this video:
1) Intro: Ouverture: Psalm 130: Original Music for "Uit Diep van Donker Nagte" used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag
Overture Sangers: Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt).
Overture Musikante: Henning Dafel - Klavier, Cathy Dafel - Altviool, Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt – Orrel
2) Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 113:1,2 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
3) Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/