top of page

Die Groter Prentjie
Bybelstudie 8 Psalms 8 - Woorde uit sy Woning
Dis is die eerste Psalm wat spesifiek melding maak van God se werk in die skepping. Tot dusver het ons gesien dat die Here Jesus Christus God se Gesalfde is en dat Hy skuiling bied vir God se kinders in 'n vyandige wêreld, maar hier staan die Psalmdigter 'n bietjie terug en hy kyk na 'n groter prentjie, die heel grootste prentjie: En dit is God se werk in die skepping. Volg die Psalm Bybelstudiereeks Woensdae op Woorde uit sy Woning. Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms “'n klein Bybeltjie” genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Lukas 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word. Bron: Psalm 8 Die Groter Prentjie Psalm Bybelstudie: God se Liedere Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2022 01 24 Music used in this video: 1) Ouverture: Psalm 130: Original Music for “Uit Diep van Donker Nagte” used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel Overture Sangers: Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt). Overture Musikante: Henning Dafel - Klavier, Cathy Dafel - Altviool, Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt - Orrel 2) Psalm 8 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 8 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 27
bottom of page