top of page

Die Gees help my bid!

Preek Romeine 8 - Woorde uit sy Woning

Gebed is nie 'n eenvoudige saak nie. Dis nie net 'n kwessie van op jou knieë gaan nie, Juis wanneer jy begin bid, word jy aangeval en besef jy hoe swak en hoe weerloos jy is. Volg die aktuele Romeinereeks: Reg voor God op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. As u geloofsvrae het, kontak ons asb by . Ons gee om! As jy die essensie van die mensdom se probleem wil verstaan en God se antwoord daarop, lees die brief aan die Romeine. Na bykans twee duisend jaar het hierdie brief soos die res van die Bybel die toets van die tyd weerstaan en skitter dit vandag eers met dringende aktualiteit. Paulus, die slaaf van Jesus Christus, het 'n voorneme gehad om die christene in Rome te besoek. Om verskeie redes kon hy nie hierby uitkom nie en daarom skryf hy toe aan hulle 'n brief... 'n merkwaardige brief. Hierin word die hoof leerstellinge van dit wat hy die die Goeie Nuus noem, uiteengesit en verduidelik. Die brief aan die Romeine sou later die fundamentele dokument van die Christelike leer word. In die reeks preke uit Romeine begelei Ds Gustav Opperman jou op hierdie reis. Ek doen onlangs huisbesoek by ‘n lidmaat. sy het ‘n probleem met haar gebede, Sy neem haarself kwalik, sê sy, want sy sien haarself as ‘n knaende bedelaar voor die Here. Wel, dit is seker nie so verkeerd nie, dink ek, alle opregte bidders is bedelaars voor God. Die beste gebede wat in die Bybel opgeteken is, is bedelgebede ... gebede van diegene, wat niks het nie ... niks het om aan te bied nie gebede van diegene wat in alle opsigte armlastig is. Alle Godsmanne en vroue was nog altyd bedelaars voor God. Mag ons tog maar almal so wees ... soos die tollenaar in die gelykenis wees, die een wat teenoor die fariseër gebid het: God, wees my sondaar genadig! “Here, help my met hierdie kind wat nie wil hoor nie. Here help my sodat ander ook in my sal belangstel Here help tog, dat my geld nie sal opraak nie”. So word daar dag vir dag gebedel ... Vanaand se teks is dan spesiaal vir ons almal van ons wat onsself verwyt, soos die reeds genoemde lidmaat haarself ook oor al haar bedel gebede verwyt. Die Gees kom ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie. Die Heilige Gees help ons in ons onbeholpenheid. Bron: Romeine 8:26 Die Gees help my bid Romeinereeks: Reg voor God#40 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 11 03 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Please note: This Intro and Outro Music used in all the video's in the Roman series: Justified/Reg voor God: Music Saraband and Variations (Händel) Birth Date\u200e: \u200eFebruary 23, 1685 Death Date\u200e: \u200eApril 14, 1759 Organist – Mariaan Senekal, Reformed Church Matlabas, Limpopo province South Africa This is not music owned or licensed by AdRev Publishing, but a private recording! This is therefore NOT: • ACL093_25_Serabande_And_Variations_Full-14699 - Lou Mannarino • Music composition position: 336
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page