top of page

Die Evangelie verdeel mense

Preek Matthéüs 10 - Woorde uit sy Woning

Christus het gekom om 'n skeiding van 'n mees radikale aard te bewerkstelling. Hy't gekom om sy uitverkorenes geheel en al uit 'n verdorwe wêreld te haal, 'n wêreld waarvan hulle in soveel opsigte heeltemal deel geword het. Woordverkondiging: Mat 10 ds Gustav Opperman,. Skryf in op ons YouTube-kanaal, kliek op die klokkie. Ons publiseer 4 video's weekliks. Ja geliefdes, Hy het gekom om die onheilige vrede te versteur ... meer as die profeet Elia uit die Ou Testament, is Hy ‘n beroerder in Israel ... Meer as die profeet Jeremia sal Hy nasies en koninkryke uitruk (Jer. 1:10) Hy kom met die swaard sy goddelike skalpel by wyse van spreke ... om ook die weefsel van die intiemste verhoudings uitmekaar te haal ... om ook die binnekamers van die hart oop te kloof ... En omdat Jesus Christus God is omdat Hy die Seun van die Allerhoogste is ... doen Hy dit deur sy skeppingsmagtige Woord ... Dis dieselfde Woord wat daar reg in die begin met die skepping gespreek het en daar het skeiding gekom tussen lig en duisternis, tussen die water en die waters ... en daar het skeiding gekom tussen dag en nag ... Jesus Christus is die Seun van die Allerhoogste en vir hierdie taak is Hy afgesonder. Het die profeet Jesaja nie reeds geskrywe: Hoor eilande, en luister, volke wat ver is! Die HERE het Hom geroep van die moederskoot af, van sy geboorte af het Hy sy naam genoem. Die HERE het sy mond gemaak soos ‘n skerp swaard (Jesaja 49:1) Bron: Mat 10: 24-42 Die Evangelie verdeel mense Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2018 09 23 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 194
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page